Tuesday 20 December 2016

Dringende Hulp benodig

Gesëendes en goeie mense. Ek het dringend u hulp nodig. Ons het 5 families in ons omgewing wat dringend hulp benodig met voedsel, kombuis benodighede, badkamer produkte en persoonlike higiëniese produkte. hierdie is mense wat onlangs hul werk verloor het. Ons gaan in 'n tyd van gee en goeie dade. ons benodig dringend fondse om kos en items te koop. U kan bydrae deur met u Android foon op die Snapscan hieronder te Scan met die QR scanner op u foon. Hierdie is vir ons eie mense. Help asseblief.


Thursday 27 October 2016

Ons benodig baie dringend 'n kos wa soos in die foto hieronder vir 'n werkskeppings projek.

Mobile Kitchen Food Trailer

Die koste van die wa beloop R40 000.00 en R10 000.00 vir toerusting

Ons benodig dus 'n total van R50 000.00

Snapscan vir u Donasie

SnapScan

Wednesday 14 September 2011

KAIROS ONTWIKKELINGS PROJEKTE STIGTING

Geraak deur die verwoestende pad van armmoede in die gemeenskap rondom ons, was die oordonderende rede vir die stigting van die Kairos Stigting. Die hoofrede wat waargeneem is vir die geweldige armmoede, misdaad en swak gesondheids toestande, is dat daar geweldige groot hoeveelheid werklose mense is. Die stigting is deur 'n groep Christene byeen geroep en is as nie-winsgewende organisasie so wel as Art 18a goedgekeurde openbare welsyns organisasie geregistreer.



OORSIG


Die grootste oorsaak van armoede in ons gemeenskap is werkloosheid. Dit is die hoof rede dat kinders nie skool bywoon nie en dan in die strate ronddwaal vir kwaadgeld. Dit is ook die ideale situasie om by misdad en dwelms betrokke te raak. Dit is geweldig om te sien watter groot hoeveelheid kinders wel in ons gemeenskap deur armmoede geraak word. Daar is ook 'n geweldige groot hoeveelheid wees kinders en almal van ons weet dat daar 'n geweldige tekort is vir infrastruktuur vir wees kinders. Daar is ook die geweldige impak van vigs wat kinders dakloos en wees laat. Kinders, liewe vriende is tog die toekoms van ons land. Kom help ons sodat ons kan verseker dat kinders die nodige geleerthied kry sowel 'n dak oor die kop en voedsame etes. Werkloosheid is ook die grootste oorsaak dat mense dakloos en haweloos raak en dan ook nie meer voedsame kos inkry nie. U sal met my saam stem dat werkloosheid nie die ideale voorbeeld vir 'n werk om te oorleef situasie aan kinders stel nie. Daarom is dit baie belangrik dat ons werkskeppings projekte daar stel om mense te leer, help en te bemagtig.




ONS LEUSE




By Kairos streef ons daarna om armoede tee te werk deur werkskeppings projekte daar te stel en basiese vaardigheids kennis beskikbaar te stel. Sodoende kan ons vrou, kinders en ou mense help en mense help om hul menswaardigheid en self respek terug te kry. Projekte soos gelettertheid, kleuterskool fasiliteit, basiese gesondheid sorg, voedsame voedings programme, groente tuine, na- skoolfasiliteit, gesins voorligting en geestelike berading en welsyn ondersteuning is ook deel van ons visie.

Tuesday 13 September 2011

NIE DIE ANTWOORD NIE

Dit gaan my verstand absoluut te bowe, dat mense oral oor dink dat 'n mens armoede kan verlig deur voedsel pakkies en ander items links en regs uit te deel. Moontlik is hierdie 'n aksie van mense om hulle gewete te sus en hulle dan te dink hulle het goed gedoen, wat dink u. ?
Om net kos uit te del en klere of ander gebruiks artikels waar nodig is, gaan nie die werklike probleem op los nie. Ek het oor die afgelope 14 jaar deur my betrokkenheid by armmoede verligting gesien hoe dit net die probleem vererger het, want mense leer die bakhand staan lewenswyse aan.
Die enigste oplossing vir die probleem is om mense te help en te leer om hul self te kan help deur wekskepping en vaardigheids projekte. Volgehoue projekte in werkskepping en die aanleer van basies vaardighede het al in verskillende opsigte en plekke sukses bewys. Omdat mense werkloos en dakloos is, het dit ook al bewys dat waar mense van tydelike blyplek voorsien is en op die selfde perseel kan werk en van voedsame etes voorsien word, dit baie goeie vrugte afgewerp het. Sulke persone word 'n vaardigheid aangeleer en sodra so iemand werk kan kry of vir hulself 'n inkomste te genireer, verlaat hulle die sentrum. "n fasiliteit vir basiese gesondheid sorg en berading asook gesins beplanning help mense om self respek terug te kry.

HIERDIE ! is die groot rede waarom ons 'n gebou en perseel soek waar ons verblyf en ons projekte kan begin.

Monday 12 September 2011

NUWE PROJEK

Ons wil graag 'n werkskeppings projek begin. Ons benodig fondse om 'n perseel te huur om die projek te kan begin, Die projek is om ou meubels en ander huishoudelike items soos stowe, yskaste, mikrogolfoonde, tafels, fietse, wasmasjiene, lampe, klere, skoene en enige ander artikels wat mense nie meer gebruik nie te herstel en aan mense wat dit nodig het te gee en dit wat oorbly te verkoop om sodoende 'n inkomste te skep vir werklose mense wat in die projek werk om die artikels te herstel. Sodoende kan die projek in die toekoms self onderhoudend raak. Ons het ook enige tipe gereedskap nodig.




As daar enige iemand is wat ons kan help met skenkings van artikels wat by u huis rondlê en nie meer gebruik word nie of stukkend is, skenk dit asb aan ons. Moontlik kan u ons help met 'n perseel waar ons kan begin. Kontak Anton asb so gou moontlik. U kan help om die verskil te maak.

DRINGENDE NUUS !

Ons benodig baie dringend voedsel pakkies en ander benodighede soos tandepasta, gesigseep, poeierseep, onderarm aanrol, lekkerruik spuitgoed vir mans en dames, toiletpapier, waslappe, handdoeke, besems, vadoeke, koppies en pierings, borde, en ander breekgoed, lakens, komberse, kussings, kombuis toerusting, skooltasse vir kinders, beddens, stoele, wasmasjiene, yskaste, klere.

Enige iets is welkom om minderbevoorregte mense mee te help.