Saturday, 27 December 2008
KAIROS ONTWIKKELINGS PROJEKTE STIGTING
Friday, 7 March 2008
NUWE PROJEK
Ons wil graag 'n werkskeppings projek begin. Ons benodig fondse om 'n perseel te huur om die projek te kan begin, Die projek is om ou meubels en ander huishoudelike items soos stowe, yskaste, mikrogolfoonde, tafels, fietse, wasmasjiene, lampe, klere, skoene en enige ander artikels wat mense nie meer gebruik nie te herstel en aan mense wat dit nodig het te gee en dit wat oorbly te verkoop om sodoende 'n inkomste te skep vir werklose mense wat in die projek werk om die artikels te herstel. Sodoende kan die projek in die toekoms self onderhoudend raak. Ons het ook enige tipe gereedskap nodig.
As daar enige iemand is wat ons kan help met skenkings van artikels wat by u huis rondlê en nie meer gebruik word nie of stukkend is, skenk dit asb aan ons. Moontlik kan u ons help met 'n perseel waar ons kan begin. Kontak Anton asb so gou moontlik. U kan help om die verskil te maak.
Monday, 31 December 2007
DRINGENDE NUUS !
enige iets om minderbevoorregte mense mee te help. die winter is hier en baie het nie warm klere en slaap goed nie.
Sunday, 2 December 2007
NIE DIE ANTWOORD NIE
Om net kos uit te del en klere of ander gebruiks artikels waar nodig is, gaan nie die werklike probleem op los nie. Ek het oor die afgelope 13 jaar deur my betrokkenheid by armmoede verligting gesien hoe dit net die probleem vererger het, want mense leer die bakhand staan lewenswyse aan.
Die enigste oplossing vir die probleem is om mense te help en te leer om hul self te kan help deur wekskepping en vaardigheids projekte. Volgehoue projekte in werkskepping en die aanleer van basies vaardighede het al in verskillende opsigte en plekke sukses bewys. Omdat mense werkloos en dakloos is, het dit ook al bewys dat waar mense van tydelike blyplek voorsien is en op die selfde perseel kan werk en van voedsame etes voorsien word, dit baie goeie vrugte afgewerp het. Sulke persone word 'n vaardigheid aangeleer en sodra so iemand werk kan kry of vir hulself 'n inkomste te genireer, verlaat hulle die sentrum. "n fasiliteit vir basiese gesondheid sorg en berading asook gesins beplanning help mense om self respek terug te kry.
HIERDIE ! is die groot rede waarom ons 'n gebou en perseel soek waar ons verblyf en ons projekte kan begin.


